112: hoe lyk dit, wil jy so oud word?

Guinness World Records het bevestig dat Emilio Flores Marquez op 112 jaar en 331 dae die oudste man in die wêreld is. Hy is op 8 Augustus 1908 in Carolina in Puerto Rico gebore. Marquez het feitlik al sy gehoor verloor en op 101 ‘n pasaangeër ontvang, maar verder is hy gesond. Die oudste lewende persoon is ‘n 118-jarige vrou, Kane Takana van Japan. Die mens wat die oudste geword het, is Jeanne Louise Calment van Frankryk wat op 122-jarige leeftyd dood is.