107 aansoeke vanoggend in die mosiehof

Daar was 107 aansoeke in die mosiehof vanoggend met ses reël 108 aansoeke daarby. Regters Esi Schimming-Chase en Marlene Tommasi hanteer. Kommersiële banke het 61 aansoeke gebring. ‘n Totaal van 20 huislenings is uitstaande en 19,3 miljoen Namibiese dollar word geskuld. Banke eis ook 33 agterstallige lenings ter waarde van 4,3 miljoen dollar. Agt voertuie is teruggevra. In Maandag se sessie sal regter Boas Usiku 61 onverdedigde egskeidings hanteer.