103 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 103 nuwe Covid-19 gevalle in die land
bevestig. Eenhana en Tsandi het elk 17 nuwe gevalle, Katima Mulilo, Opuwo en
Mariental elk 9 nuwe gevalle, Okongo 8, Engela, Outapi en Oshakati het 5 elk en die res
kom landwyd voor. Daar is steeds 1 249 aktiewe gevalle, met 122 080 wat herstel het uit
‘n kumulatiewe totaal van 126 811.